Description
Kaapstad en Agulhas toer R17000-00
Vervoer, verblyf in SANparke en slegs aandetes word voorsien.
Padkos word voorsien die eerste dag as ons vertrek vanaf Gauteng.
Verblyf in SANPark chalets of gastehuise. (Olifantsbos en Lagoon house)
Dag 1 Chalets in Mokala Nasionale Park by Kimberley.
Dag 2 Chalets in Karoo Nasionale Park by Beaufort-wes.
Dag 3-7 Smith winkel by Tafelberg Nasionale Park Kaappunt.
Dag 7 -9 Lagoon House, gastehuis by Agulhas die mees suidelikste punt van SA
Dag 9 Ons oornag by Britstown.
Dag 10 Ons kom terug by die huis moeg en reg vir die volgende vakansie.
Ons vertrek 6vm vanaf Johannesburg/Pretoria na ons eindbestemming Kaapstad oor ‘n tydperk van 11 dae waar ek julle terugbesorg waar ek julle opgetel het. Optelpunte sal bespreek word met bespreking.
Dag 1
Ons verlaat Jhb/Pta oppad na ons eerste bestemming by Mokala Nasionale Park. Ongeveer 540km. Padkos word geniet langs die pad soos dit was lank terug, ja dit is veilig. In Kimberley besoek ons die “groot gat”. Die aand na ons bietjie wild gekyk het, oornag ons in chalets by Mokala Nasionale Park.
Dag 2
Ons ry 480km tot by Beaufort-wes. Ons sien hoe lyk die Karoo-dorpies, Britstown ,Strydenburg, Victoria-Wes en stop ook by Kambro padstal waar julle ‘n brunch gaan geniet (hul spesialiteit is springbok- of lamspasteit). Ons sien die drie susters en kom by Beaufort-Wes aan so 8-10 ure later. Dit is ‘n dag van lang ry ons stop oral om ‘n aandenking of twee te bekom. Daardie aand geniet ons ‘n braai onder die Karoo sterrehemel. in die restaurant net voor ons ry na die Kaap word geniet in die restaurant.
Dag 3-7
Ons kom aan by Tafelberg Nasionale park ons tuiste vir die volgende 5 dae. Slaap in Kaappunt Nasionale Park, Smithwinkel. Ons gaan hier alles verken en kyk wat bied die Kaap. Ek noem maar ”n paar op die lys: Tafelberg self, Kirstenbos botaniese tuine, Vishoek en sy winkels langs die see, treinroete langs die kus, Simonstad, Kaappunt self, die pikkewyne by boulders. Alles is moontlik, maar is ook afhanklik van die weer. Ek sien uit. Ons eet “brunch” en weereens aandetes wat jou trommeldik sal hou. Ek kan nie meer uitbrei nie, daar is te veel.
Dag 7-9
Ons ry na Agulhas waar ons bly in Lagoon house gastehuis, waar ons lekker rus vir 2 dae voor ons die pad terug vat huis toe na ons verskeie optelpunte, Hier gaan ons nie net rus nie maar ook die mees suidelikste punt van Afrika besoek, Ons ry terug na ons tuistes, waar ons oornag by Britstown.
Dag 10
Ons vertrek dan die laaste dag na Gauteng ‘n verdere 740km.
Ons groet die mooie Kaap en ons gaste en wag vir die volgende bespreking.
Dankie aan almal en hoop julle het dit geniet net soos ons het.





