Toer na Kaap Stormsriviermond September 2026

R14,500.00

Enquire Now
Category:

Description

Tuinroete R14500-00 alle etes, vervoer en verblyf ingesluit.

Verblyf in SANPark chalets/tente.

Golden Gate –  Rondawel, 1 nag.

Camdeboo – Lakeview tente, 2 nagte.

Addo – Forest cabin, 2 nagte.

Stormsriviermond – Forest cabin, 3 nagte.

Ons vertrek 6vm vanaf Jhb/Pta na ons eindbestemming Stormsriviermond oor ‘n tydperk van 9 dae waar ek julle terug besorg waar ek julle opgetel het. Optelpunte sal bespreek word met bespreking.

Dag 1

Ons verlaat Jhb/Pta oppad na ons eerste bestemming by Golden Gate natuurreservaat.  Ongeveer 400km of te wel 4 ure se ry. Hier besoek ons al die mooi van Golden Gate en Clarens en geniet ‘n lekker “brunch” (ingesluit by die prys) by ‘n restaurant van jul keuse. Die aand oornag ons in Golden Gate waar ons heerlik gaan braai.

Dag 2-3

Dit is ‘n dag van baie ry, 750km, maar ons stop op Ficksburg en Fouriesburg en sien alles wat die platteland van die Oos-Vrystaat ons kan bied. Weer sal ons ‘n “brunch” geniet en afsluit met ‘n eenskottelgereg in Camdeboo. Ons verken die Camdeboo en kyk uit oor die Vallei van Verlatenheid en verlang terug na gister en sien more naderkom. Graaff-Reinet word verken. Weereens ‘n “brunch” iewers met ‘n braai en potjie al om die ander dag. Ons vertrek na Addo ons volgende verblyf, so 250km verder.

Dag 3-5

Ons bly in Addo waar ons die reservaat geniet en oorslaap vir 2 nagte. Ons maak ‘n “brunch” by ‘n piekniekplek en in die aande braai ons. Voorwaar sal julle ‘n paar kilo’s optel. Moet net nie my verantwoordelik hou nie.

Dag 6-8

Ons kom aan by Stormsriviermond, 250km later, ons tuiste vir die volgende 3 dae. Ons gaan hier alles verken en kyk wat bied die tuinroete ons. Ek sien uit. Ons eet “brunch” en weereens aandetes wat jou trommeldik sal hou. Ek kan nie meer uitbrei nie, daar is te veel.

Dag 9

Ons ry terug na ons tuiste, maar gaan darem stop en oornag by Gariep (750km),  waar ons hopelik die damwal sal kan besoek. Ons vertrek dan die laaste dag na Gauteng ‘n verdere 600km.

Ons groet die mooie Oos-Kaap en ons gaste en wag vir die volgende bespreking.

Dankie aan almal en hoop julle het dit geniet net soos ons het.