Description
Mapungubwe to Krugerwildtuin
Verblyf in Tshugulu lodge Mapungubwe Mopani (Xanatseni gaste huis)
Ervaar die Krugerwildtuin met lugversorgde verblyf.
Etes is onder die sterre rondom ‘n kampvuur.
Mapungubwe moet gesien word die stilte en sterre langs die kampvuur is ongelooflik. Verblyf is n droom en prentjie mooi. Xanatseni gaste huis is daardie plekke wat jy net sien en graag sal wil besoek,
Restaurante vir iets anders as kampkos.dit is beskikbaar, maar hierdie ekstras is egter vir jou eie sak, maar word aanbeveel. Vervoer vanaf Gauteng, verblyf in daardie gastehuis, “Brunch”, aandete en koeldranke met ververings is alles ingesluit.
Al hierdie vir die ongelooflike bedrag van R10500-00 per persoon wat deel. Ongelukkig geen enkel besprekings is moontlik nie.
Dag 1
Ons vertrek tussen 6h00-8h00 die oggend vanaf Johannesburg en Pretoria soos vooraf ooreengekom. Ons geniet padkos op die bus maar gereelde stoppe word gedoen. Die pad is ver en bene rek is kort. Ons slaap die aand by Mapungubwe, Tshugulu lodge. Aandete is n eenskottel gereg met slaaie en n broodjie of twee.
Dag 2 – 3
Elke dag begin met koffie en beskuit. Lizette bak self die beskuit, moet haar net nie vra vir die resep nie. Ons verken Mapungwube. Die wat kans sien kan met die gidse die Mapungubwe rots klim. Dit regtig n baie interesante geskiedenis van die mense en hulle rotsvesting.
Daar is baie te sien die samevloeing van Limpopo en Shashe riviere om die 3 lande te skei. Suid Afrika, botswana en Zimbabwe die ou weermag vestings en die ongelooflike natuurskoon, Wat ‘n mooi park.
Ons geniet ‘n “brunch” elke dag rondom 10h00.
Ons toer die heeldag opsoek na alles wat mooi is.
Ons geniet die aand ‘n braai of ‘n pot onder die sterre langs die kampvuur.
Dag 4 – 6
Ons verlaat Mapungubwe en gaan Kruger by Pafuri hek in. Ons verken die noorde van Kruger en beweeg stadig af na Mopani kamp waar ons die lasste aand sal oorslaap in Xanatseni gaste huis en ons verken die noorde vir die volgende 4 dae.
Die laast dag verlaat ons die Kruger by Phalaborwa hek. Ons probeer nie later as 9h00 uit te wees en bereik Pretoria teen 16h00 en Johannesburg teen 17h30.
Ons groet die laeveld en ons gaste en wag vir die volgende bespreking.
Dankie aan almal en hoop julle het dit geniet net soos ons.





