Description
Verblyf in Krugerwildtuin Satara kamp in tente
Datums beskikbaar.
- Sien Facebook vir datums
Ervaar die bos en kampvuur kuiers onder die sterre.
“Brunch”, aandete en koeldranke met ligte verversings is ingesluit daagliks.
Al hierdie vir die ongelooflike bedrag van R6250-00 per persoon wat deel.
Ingangskostes is uitgesluit (R132-00 per dag) Wildcard eienaars is gratis.
Toerprogram
Dag 1
Ons vertrek tussen 6h00-8h00 die oggend vanaf Johannesburg en Pretoria soos vooraf ooreengekom.
Ons tel gaste op al langs die N1 of soos vooraf ooreengekom. Padkos word geniet op die bus die ou tradisionele manier. Ons stop by langs die N1 by ‘n een of ander vulstasie vir bene rek waarna ons druk om Kruger te bereik nie te laat wil darem nog diere sien. Letaba is ons kampplek vir die volgende paar dae. Die aand geniet ons ‘n heerlike aandete en rus ons lekker na die lang rit. Ons bespreek elke aand die volgende dag se rit om die kampvuur. Julle is in beheer van die roete vir die volgende dag.
Dag 2 – 4
Olifants kamp, Satara, Mopanie en vele meer is bereikbaar en n besoek werd. Ons sal natuurlik nie die swemaddens vergeet nie. Ons begin die dag met koffie en beskuit. Lizette bak self die beskuit, moet haar net nie vra vir die resep nie.
Ons geniet ‘n “brunch” elke dag rondom 10h00 by ‘n piekniekplek van jul keuse.
Onthou die Kruger bied baie en hierdie kan ‘n lewensveranderende ervaring wees bring die lang lense saam.
Ons toer die heeldag opsoek na wat Kruger bied en geniet die aand ‘n braai onder die sterre langs die kampvuur.
Dag 5
Ons verlaat Kruger by Phalaborwa-hek na koffie en beskuit. Die dag sal ons “take away” geniet van jou keuse maar ongelukkig vir jou sak.
Ons probeer nie later as 9h00 uit te wees en bereik Pretoria teen 16h00 en Johannesburg teen 17h30.
Ons groet Kruger en ons gaste en wag vir die volgende bespreking.
Dankie aan almal en hoop julle het dit geniet net soos ons.



































